Omheining van verliese (artikel 20A) vir natuurlike persone
Artikel 20A het met ingang van 1 Maart 2004 in werking getree. Hierdie artikel handel oor die omheiningsbepalings wat verhoed dat natuurlike persone hul belasbare inkomste verminder deur verliese uit sekondêre handel te gebruik.