Die drie spaarfondse wat voordeel inhou vir ‘n individu met aftrede, is ‘n pensioenfonds, uittree-annuïteitsfonds, en ‘n voorsorgfonds.

Vanaf 1 Maart 2016 geld die volgende:

  • Bydraes wat deur werkgewers aan bogenoemde aftree-fondse gelewer is word belas in die hande van die werknemer as ‘n byvoordeel;
  • Die volle bydrae van die werkgewer kan deur die werkgewer afgetrek word; en
  • Belastingaftrekkings vir “bydraes gemaak” is beperk tot R350 000; of die grootste van 27.5% van vergoeding of  belasbare inkomste (insluitend belasbare kapitaalwins). Dus die maksimum bedrag wat jaarliks afgetrek kan word vir belastingdoeleindes is R350 000.

Bydraes wat die maksimum aftrekking van R 350 000 (beperk tot werklike bydraes gemaak) oorskry, word oorgedra na die volgende jaar en is dan onderhewig aan daardie jaar se perke.

Surplus bydraes aan pensioenfondse en uittree-annuïteitsfondse wat voor 1 Maart 2016 gelewer is het oorgedra, maar nie op bydraes tot voorsorgfondse wat voor 1 Maart 2016 gelewer is nie. Slegs bydraes wat aan voorsorgfondse gelewer is na 1 Maart 2016 en die perk oorskry, is oorgedra.

Bydraes wat nie as aftrekkings gebruik is wanneer ‘n individu ‘n fonds verlaat nie, kan verreken word teen die belastingpligtige se aftreevoordele by aftrede. Dit sal wel eers teen die enkelbedrag en daarna teen die annuïteitsinkomste verreken word.

Werkgewers kan die belastingaftrekking in berekening bring wanneer werknemers se maandelikse inkomstebelasting bereken word. Die maksimum bedrag wat afgetrek word per maand kan nie R29 167 oorskry nie aangesien dit gelykstaande is aan die maksimum bedrag van R350 000 wanneer dit oor 12 maande versprei is.

This article is a general information sheet and should not be used or relied upon as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE)

Receive newsletter