Proud sponsor of Mountain Eagles Rugby Club

At HVM, we are honored to have the opportunity to support the Mountain Eagles Rugby Club by sponsoring their management match T-shirts. Seeing the management team proudly wear their new shirts reminds us that strong partnerships help build stronger communities. Go Mountain Eagles Rugby!

Liefde in die Wind: Baie geluk, Suretha!

Na 18 maande se vlerksleep het Kerneels uiteindelik die groot vraag gevra en Suretha het sonder huiwering “ja” gesê!

Die paartjie het die naweek van 26 April in die pragtige Malgas-omgewing deurgebring en besluit om vir die dag na Cape Infanta te ry. Hoewel die uitsig asemrowend was, het die Kaapse wind sy deel gedoen en Suretha was later meer as gereed om die windverwaaide voorkoms agter te laat. Net voordat hulle sou ry, het Kerneels aangedring op nóg een foto saam. Wat soos ’n gewone foto-geleentheid gelyk het, het vinnig in ’n onvergeetlike oomblik verander toe hy onverwags, tussen die wind en die see, haar vra om te trou!

Suretha het sonder twyfel “ja” gesê en kon skaars wag om die opwindende nuus met almal te deel. Namens almal by die firma wens ons vir Suretha en Kerneels baie geluk met hul verlowing. Mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met liefde, vreugde en talle mooi herinneringe.

Nou wag ons almal in spanning vir die aankondiging van die troudatum!

Baie geluk, Suretha en Kerneels! 

HVM Padel

The HVM Office Padel League is back! We have gone a few months without it but we could not wait any longer.

Our padel league is a brilliant way for the HVM team to get together for some exercise and friendly competition. Teams and fixtures are randomly selected to make for competitive matchups and an exciting atmosphere.

Furthermore, we participated in a wonderfully executed Techno Park Corporate Padel Evening hosted at ClubPadel Stellenbosch. The evening went great with one of our teams making it to the semi-finals of the Advanced bracket!

We look forward to the next opportunity to enjoy some team-building exercise.

Borgskap aan Hoërskool Overberg

’n Maatskappy se sukses gaan nie net oor besigheid nie, maar ook oor die verskil wat ons in ons gemeenskap kan maak. Daarom was dit vir ons ’n voorreg om die baadjies van Hoërskool Overberg se onderwysers te borg. Dit is was net betyds vir die koue en wintersporte wat tans aan die gang is en nou kan die onderwysers darem so ’n bietjie warmer weens langs die onderskeie sportveld.

Ons glo dat onderwysers ’n onmisbare rol speel in die ontwikkeling van jongmense en die bou van ’n sterk toekoms. By HVM is gemeenskapsbetrokkenheid vir ons belangrik en ons waardeer die geleentheid om ’n positiewe bydrae te maak.

Ons wens die personeel van Hoërskool Overberg alles van die beste toe vir die jaar wat voorlê.


Birthdays:

  • Nicola – 27 April 2026
  • Markus – 23 May 2026
  • Herman – 2 June 2026